Ligbron Akademie vir Tegnologie se Top 10 leerders van elke graad is op Vrydag, 19 Julie, beloon vir hulle harde werk gedurende die afgelope kwartaal. Die leerders het die dag by Gold Reef City in Johannesburg spandeer.
Hulle het ook elkeen ‘n heerlike middag-ete saam geniet. Die leerders bedank graag vir Juffrou Lenie van Zyl en mnr. Leon de Jager wat hulle op die uitstappie geneem het.
Foto’s: Van die Top 10 leerders op een van die pret-ritte by Gold Reef City.