Die eerste hokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 20 Julie, in die kwartfinaal van die Mpumalanga uitspele, teen Hoërskool ERmelo in ‘n naelbyt wedstryd te staan gekom.
Die wedstryd het by The Hockey Farm in Witbank plaasgevind.
Die eindtelling was gelykop met 1 elk, waarna die spanne na 8 sekondes moes oorgaan om die wenner te bepaal.
Die Erries tree as wenners uit die stryd na die 8 sekondes. Alhoewel dit ‘n bitter soet oomblik is, sluit die span steeds hulle seisoen op ‘n hoogte noot af.