Die Top 10 dogters- en seuns atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie tydens die Elardus Erasmus Atletiekbyeenkoms deelgeneem wat by Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit plaasgevind het.
Die Top 10- dogters en seuns atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 5 Oktober aan die Elardus Erasmus Atletiekbyeenkoms deelgeneem wat by Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit plaasgevind het. Ligbron se dogterspan het algeheel 39ste uit 56 spanne geëindig, terwyl die seunspan 35ste uit 51 spanne geëindig het. Ligbron se atlete sal op Saterdag, 19 Oktober aan die JJJ Atletiekbyeenkoms deelneem wat by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier aangebied word. Baie sterkte aan elke Liggie wat tydens die byeenkoms sal deelneem.