)

Ligbron sportspanne hou die Liggies se naam hoog

Die rugby en hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het Saterdag, 19 Mei 2018, in Witrivier teen Hoërskool Rob Ferreira gaan meeding as deel van hulle ligawedstryde. Die Liggies het deurentyd hulle alles op die veld gegee en dit was duidelik dat die spanne seker gemaak het dat hulle voluit tot die laaste sekonde gespeel het. Die Ligbron Calstar Group Eerstespan het ‘n ongelooflike vertoning gelewer deur nie net hul wedstryd oortuigend te wen nie, maar ook seker te maak dat hulle opponente nie eens daarin kon slaag om punte aan te teken nie. Die eerstespan het met ‘n prag-telling van 57-0 van die veld af gestap.  Die res van die spanne het gemengde welslae behaal en hulle uitslae is soos volg: Beide die o/14A en B-spanne het 34-0 gewen, o/15A verloor 11-17, o/15B verloor 14-15, o/16A verloor 6-54 en die o/16B’s verloor 14-17.  Die tweedespan en derdespan het albei punte ontvang weens die feit dat Rob Ferreira se spanne onttrek het.

Ligbron se hokkiespanne het al hulle wedstryde gewen, buiten die o/15’s en die tweedespan wat gelykop gespeel het.  Die o/14’s wen 6-1, o/15’s gelykop 1 elk, o/16’s wen 12-0, tweedespan speel gelykop 1 elk en die eerstespan wen 3-0.

Die Liggies se netbalspanne (Foto’s bo en onder) het Saterdag onderskeidelik aan die Gert Sibande uitspele en vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Lydenburg gespeel. Die B-spanne het in Standerton aan die Gert Sibande uitspele deelgeneem en het die volgende plekke behaal: tweedes eindig 1ste, o/16B eindig 2de, o/15B eindig 5de en die o/14B eindig 4de.  Die tweedes en die o/16B’s dring deur na die Mpumalanga Kampioenskappe wat op 2 Junie in Witrivier sal plaasvind. Die A-spanne het in Lydenburg teen Hoërskool Lydenburg gaan speel en die volgende uitslae behaal: o/14A verloor 10-16, o/15A speel gelykop 15 elk, o/16A wen 16-8 en die eerstes wen 28-23.

Die Rugby- en hokkiespanne sal eerskomende Saterdag, 26 Mei 2018 tuis teen HTS Witbank speel as deel van die ligawedstryde. Wedstryde begin om 08:00.

o16B

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal