Die Ligbron-skuts het gedurende verlede week aan die Prysskiet 2 kompetisie deelgeneem wat by Hoërskool Ermelo plaasgevind het. Hiermee die Liggies se uitslae (telling tel uit 1600 punte): In die o/14-afdeling het 61 skuts deelgeneem.
Ligbron behaal die volgende plekke: Elsabe van der Spuy (6de) met 1190, Hugo Engelbrecht (12de) met 1120, Cobus Pretorius (27ste) met 992 en SJ van Eck (38ste) met 907. In die o/16-afdeling waar 56 deelgeneem het, het die Liggies die volgende plekke behaal: Gerhard Botma (5de) met 1366, Erenst Botha (16de) met 1286, Morné van Aswegen (20ste) met 1232, Roeland Minnaar (39ste) met 1032 en Pieter van Aardt (48ste) met 948. In die o/21-afdeling met 48 skuts het Hanro van der Spuy ‘n 6de plek behaal met 1413 punte, Sophia Giliomee ‘n 22ste plek met 1336 punte en Jonardo van Dyk ‘n 36ste plek met 1202 punte.
Foto:Â Die Ligbron skietsspan wat aan die Prysskiet 2 kompetisie deelgeneem het.