Ligbron se o/17 skaak-span wat as Mpumalanga naaswenners uit die stryd getree het.
Die o/17- skaakspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het op Maandag, 5 Augustus, deelgeneem aan die Mpumalanga Internasionale Skaaktoernooi wat by Uplands College in Witrivier plaasgevind het.
Die Liggies het as die Mpumalanga naaswenners uit die stryd getree.
Baie geluk met julle pragtige prestasie!