Die nommer een-leerders van elke graad se top tien.
Voor vlnr: Raees Tikly (graad 8), Lood Geldenhuys (graad 9) en Leandri Viviers (graad 10)
Agter vlnr: Zara Büchling (graad 11) en Leané von Wielligh (graad 12).
Na die tweede kwartaal se eksamen is die Erries se Julie-top tien aangekondig en EHS is besonder trots op elkeen wat akademies uitstekend gevaar het, terwyl elkeen op soveel ander vlakke ook uitstekend presteer en die Erries orals verteenwoordig.
In graad 8 is Raees Tikly eerste met ‘n uitstaande 96.85%, Johan Strauss tweede met 93.32% en Isabelle Moussier derde met 92.31%. Daarna volg Mienke Coete (vierde), Isabella Burger (vyfde), Inge Greying (sesde), Altus Boshoff (sewende), Otto van Schalkwyk (agtste), Zané du Plessis (negende) en Yoliswa Ndlngamandla (tiende).
In graad 9 spog Lood Geldenhuys met die eerste plek met 91.84% gemiddeld, Danél Oilver is tweede met 91.68% en Dirk Maritz derde met 91.19%. Elandri Swart volg in die vierde plek, Carla Ferreira is vyfde, Dewald Olivier sesde, Jenna Oosthuizen sewende, Tobie Leibbrandt agtste, Ilandri Nel negende en Sphesihle Maseko tiende.
In die graad 10-groep staan Leandri Viviers eerste met ‘n pragtige 93.94%. Anke de Kock volg in die tweede plek met 89.58% en Lana Herholdt is derde met 87.26%. Daarna volg Michaela van Rensburg (vierde), Margha Greyling (vyfde), Jolindi Annandale (sesde), GJ Swanepoel (sewende), Lethu Dlamini (agste), Lorelei Güse (negende) en Nadia Kluyts (tiende).
Zara Büchling is eerste in die graad 11-groep met 87.46%, Alana Leibbrandt tweede met 84.06% en Simoné Beyer derde met 82.70%. Jana Nel volg in die vierde plek, Vosjan Grey is vyfde, Precious Matshaya is sesde, Amy Greyling is sewende, Elizia van Heerden is agtste, Danie van Rooyen is negende en Kerry-Ann Botha is die tiende plek.
Die graad 12’s se eerste plek word geneem deur Leané von Wielligh met 90.91%, gevolg deur Nicole Venter met 90.74% in die tweede plek en Hanné Swart met 88.28% in die derde plek. Jané Willemse is vierde, Daniel van der Merwe vyfde, Walter Visser sesde, Clariz Olivier sewende, Marla Oosthuizen agtste, Yonette Fourie negende en Klarissa Joubert is tiende.
Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders en dankie vir die harde werk. Die Erries sien dit raak en waardeer julle opoffering.