Die 1ste-, o/16A- en o/16B seuns hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het Woensdag, 9 Mei 2018, onderskeidelik teen Hoërskool Piet Retief en Hoërskool Oosterland gespeel. Hierdie wedstryde het deel gevorm van die Liggies se ligawedstryde. Die eerstespan het op Piet Retief gespeel en wen die wedstryd 3-2. Die o/16 A’s het tuis teen Oosterland se o/15A’s gespeel en wen 6-1 en die o/16 B-span het ook teen Piet Retief se o/16-span gespeel en verloor 0-6.
Foto bo en onder:Â MJ Beukes (o/16A)