Die o/14- en eerste seunshokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Woensdag, 3 April op Ligbron se velde kragte gemeet teen Highveld Park as deel van hulle liga verpligtinge.
Die kompetisie was baie strawwe en beide Ligbron se spanne het tot die doodsnikke van die wedstryd hulle alles en nog meer gegee.
Die o/14’s het gelykop gespeel met 1 doel elk en die eerstespan het hulle titaniese stryd met 0-1 verloor. Die o/16- en eerste seuns hokkiespanne sal eerskomende Dinsdag, 9 April, op Ligbron se tuisveld teen Hoërskool Oosterland te staan kom.
Baie sterkte met die res van julle liga wedstryde.
Foto bo:Â Braam Moolman