Die netbalspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het op Donderdag, 4 April aan hulle eerste ligawedstryde van die seisoen teen Hoërskool Standerton te staan gekom, in ‘n spannende kragmeting.
Ligbron se netbalspanne het vir groot opwinding gesorg met pragtige netbal wat op die dag deur beide skole se spanne gespeel is.
Die Liggie netbalspanne het die volgende tellings behaal: o/14A wen 12-11, o/14B wen 14-8, o/15A verloor 8-14, o/15B verloor 8-15, o/16A wen 21-9, o/16B speel gelykop met 10 elk, die tweedespan wen 20-19 en die eerstespan wen 29-16.
Die netbalspanne speel eerskomende Donderdag, 11 April, op Ligbron se tuisveld hulle volgende liga wedstryde teen Highveld Park van Secunda.