Die seuns-hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het die afgelope week onderskeidelik teen Hoërskool Standerton en Hoërskool Ermelo te staan gekom. Die o/14’s het Woensdag, 16 Mei 2018, in Standerton teen Hoërskool Standerton se o/16’s ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel en die wedstryd met 2-1 beklink. Donderdag, 17 Mei 2018, het die Liggies se o/16A en eerstespan met Hoërskool Ermelo kragte gemeet as deel van hulle ligawedstryde. Die o/16A’s het vir niks terug-gestaan nie en die wedstryd oorheers met ‘n prag-eindtelling van 5-1. Ligbron se eerstespan het ook van staanspoor af ingespring en seker gemaak dat hulle die voortou neem. Die Liggies het teen die einde van die wedstryd met 3 doele voorgeloop toe EHS in die laaste sekondes daarin geslaag het om ‘n doel aan te teken. Ligbron se eerstespan het die wedstryd met 3-1 beklink. Baie geluk aan hierdie drie spanne met julle pragtige prestasies.
Foto bo: Janu Prinsloo 1stes
Foto’s onder:  Henro Coetzee o/16A, Hernu le Roux o/16A en Marius Ferreira 1stes