Die seuns hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Woensdag, 24 April 2018, onderskeidelik teen Hoërskool Secunda en Hoërskool Oosterland in ligawedstryde te staan gekom. Die o/14A-, o/16A- en eerstspan het teen Hoërskool Secunda gespeel. Beide skole se spanne was strawwe kompetisie vir hulle opponent en die wedstryde het die skare behoorlik op hul tone gehou. Die o/14A’s het met 0-2 verloor met Dylan Roodt as die speler van die wedstryd, die o/16A’s het met 2-1 gewen met Hardu Prinsloo as speler van die wedstryd en die eerstepsanne het gelykop gespeel met een doel elk met Tyrique Maharaj as die speler van die wedstryd.  Die o/16B-span het teen Oosteland gespeel en het as oorwinnaars van die veld af gestap nadat hulle die wedstryd met 2-1 gewen het. Anton Robertson was die o/16B’s se speler van die wedstryd.
Foto bo:Â Marius Ferreira