)

Ligbron rugbyspanne maak geskiedenis

Calstar Group Eerstespan 2019 Virseker Beker naaswenners

Dit was ‘n ongelooflike geseënde rugbyseisoen vir Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo. Ligbron spog vanjaar met die volgende rugby prestasies vir 2019:

Die Liggies ontvang die algehele Superreeks Rugbytrofeë vir 2019.

Sewe uit nege van Ligbron se rugbyspanne het as Mpumalanga wenners van die veld af gestap met een Mpumalanga Naaswenner en nou spog die Liggies ook met twee Virseker Beker kampioene en een Virseker Beker naaswenner. Hierdie prestasies dra alles daartoe by dat Ligbron aangewys is as die beste rugbyskool in Afdeling 2 van die Virseker Beker!

 

Op Saterdag, 17 Augustus, het Ligbron se o/14A-, Computer Connection o/16A- en Calstar Group Eerste rugbyspanne by Hoërskool Marais Viljoen in Alberton in die Virseker Beker Finale gespeel. Die o/14A’s het Hoërskool Secunda in die finaal met 20-0 geklop om as die 2019 o/14A Virseker Beker Kampioene gekroon te word. Hierdie span het vanjaar nie een wedstryd verloor nie! Die Computer Connection o/16A’s het teen Hoërskool Pietersburg te staan gekom. Hulle het van die begin af gewys wie is baas en het hulle opponent met 62-21 gewen. Die o/16A’s het vanjaar al hul wedstryde gewen en het in totaal 989 punte tydens die seisoen aangeteken met slegs 179 punte teen hulle.

 

Die Calstar Group Eerstespan het teen ‘n sterk Pietersburg span te staan gekom. Beide spanne het hulle alles op die veld gegee en nie vir ‘n oomblik terug gestaan nie. Die eerstespan het as naaswenners van die Virseker Beker uit die stryd getree, nadat hulle met ‘n telling van 20-23 van die veld gestap het.

 

Die o/14A’s bedank graag KS Clothing vir die jaar se ondersteuning, asook vir die Virseker Beker truie. Die o/16A’s bedank graag hulle hoofborg, Computer Connection vir die jaar se ondersteuning, asook die volgende borge: Suzuki Ermelo vir die borg van die Virseker Beker finaal truie, Hyundai Ermelo vir die borg van die Virseker Beker finaal broeke, Soap on Tap en Lotahair Milling Co.cc. Die Eerstespan bedank graag hul hoofborg, Calstar Group, vir al die ondersteuning en insette wat hulle gedurende die jaar aan die eerstespan gelewer het.  Ligbron bedank ook elke ondersteuner wat week na week hierdie spanne so getrou ondersteun het. Dankie aan elke afrigter en speler vir julle ure se harde werk op en af van die veld. Dit het alles daartoe bygedra dat Ligbron vandag kan terug kyk na ‘n suksesvolle rugbyseisoen!

                             o/14A Virseker Beker 2019 kampioene
                             Computer Connection o/16A Virseker Beker 2019 kampioene
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal