Ligbron se eerste tennisspan, voor v.l.n.r.: Simeon Myburgh en Deon Meyer.
Agter v.l.n.r.: Mark Niebuhr en Charl du Toit.
Ligbron Akademie vir Tegnologie se tennisspanne het op Maandag en Dinsdag, 12 en 13 Augustus aan die Hoëveld uitspele deelgeneem wat in Secunda plaasgevind het. Ligbron se spanne het goeie prestasies gelewer. Die eerste seuns-span het die nommer 1 posisie in die Hoëveldstreek beklee en het sodoende deurgedring na die Mpumalanga uitspele wat op Vrydag, 16 Augustus, plaasgevind het. Die Liggies het in die semi-finaal van Mpumalanga teen HTS Middelburg verloor en eindig derde in die provinsie.