Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, is baie trots op die o/14 seuns-hokkiespan wat deurdring na die Noordvaal B-divisie uitspele wat vanaf 25 tot 27 Julie in Klerksdorp by Curro Klerksdorp aangebied word.
Dit sal die tweede agtereenvolgende jaar wees wat Ligbron se o/14 seunsspanne deurdring na die Noordvaal B-divisie. Baie sterkte aan hierdie span met hierdie groot uitdaging.
Die Liggies hou vir julle duim vas en wens julle alle sterkte toe!