Donderdagaand, 22 Februarie 2018, was ‘n opwindende aand vir elke Graad 8 leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, toe hulle amptelik gedurende die Badjie-seremonie, as ware Liggies in die skool verwelkom is.
Elke Graad 8 se “liggie” is deur ‘n VLR-lid aangesteek, as simbool dat hulle nou deel is van die Liggie-gemeenskap. Aan die einde van hul Graad 12 jaar word hulle “liggies” weer gedoof wanneer hulle met die lig van die lewe die grootmenswêreld ingestuur word.
Hierdie is ‘n besondere spesiale geleentheid vir die Graad 8 leerders, sowel as hulle ouers. Ligbron is trots op elke Graad 8 wat vanjaar by die skool aangesluit het en ons weet dat hulle ons skool se naam altyd hoog sal hou, waar ook al hulle sou gaan.