)

Ligbron Akademie in Ermelo bied Groentjieskonsert aan

Die groentjies en VLR-lede van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het vanjaar ‘n baie indrukwekkende en humoristiese Groentjieskonsert op die planke gebring.  Die jaarlikse Groentjieskonsert het op Woensdag en Donderdagaand, 21 en 22 Februarie 2018, in die skoolsaal plaasgevind.

Die tema van die konsert was “A Trip Around The World” en elke klas het ‘n land gekies wat hulle tydens hulle tydjie op die verhoog uitgebeeld het.  Soos elke ander jaar was daar ook bietjie met die onderwysers en leerders gekgeskeer wat gesorg het vir vele vermaak en skaterlag oomblikke.

Vanjaar se Graad 8-groep het van die begin deelgeneem aan al die aktiwiteite en was met elke oriënterings-aktiwiteit bokke vir sports.  Die L-klas was aangewys as die wenners van vanjaar se Groentjieskonsert en daarvoor het hulle die geleentheid gekry om weg te stap met die Wurm-trofee.

Ligbron bedank graag elke Graad 8, VLR-lid, sowel as die ouers wat vanjaar se Groentjieskonsert bygewoon het.  Dankie vir julle elkeen se opofferinge gedurende hierdie laaste paar weke.  Julle het ‘n fantastiese vertoning opgelewer en ons as skool is met reg trots op julle.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal