Die atletiekspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Vrydag, 2 Februarie 2018, aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelgeneem wat deur HTS Witbank aangebied was.
Ligbron, HYS Witbank, HTS Middelburg, Nelspruit Curro, Cambridge en Hoërskool Rob Ferreira het aan die byeenkoms deelgeneem. Die Liggies het goeie prestasies opgelewer en verskeie atlete het hulle persoonlike beste tye in die proses ook verbeter.
Die volgende atlete het almal eerste plekke in hulle onderskeie items opgelewer: o/14- Jacolien du Preez (spiesgooi) en Dylan Roodt (hoogspring); o/15- Carla Niebuhr (spiesgooi), Munashe Dukuswa (hoogspring), Kwanele Nkambule (verspring) en Sias Jacobs (diskus); o/16- Megan Herbst (200m); o/17- Marisca Stander (100m hekkies), Mikyla le Roux (gewigstoot en diskus) en Alec Duncan (400m) en o/19- Njabulo Mahlobo (verspring).