)

Ligbron in Ermelo ontvang verskeie toekennings

Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo ontvang verskeie toekennings tydens die Gert Sibande Streek-prysuitdeling.  Tydens die onlangse Gert Sibande Streek Prysuitdelingsfunksie wat op Vrydag, 19 Januarie 2018, by Netherland Park Secondary School plaasgevind het, het Ligbron Akademie vir Tegnologie met verskeie toekennings weggestap.

Me. Lenie van Zyl en me. Elsa van Zyl het die toekenning ontvang vir die beste onderwysers in Wiskunde en daarvoor het hulle ‘n sertifikaat ontvang.

Verder spog Ligbron ook met die volgende toekennings: twee Liggies, Johannes Matthias en Dannhau van der Berg is onder die top 5 in Gert Sibande aangewys.  Johannes het die 2de plek ingeneem en Dannhau die 4de plek.  Hulle het albei sertifikate ontvang.  Johannes Matthias en Stephanie Krause is onder die Gert Sibande se Top 5 leerders in Wiskunde aangewys.  Johannes het die 2de plek ingeneem en Stephanie die derde plek.  Hulle ontvang elk R10 000 geborg deur SASOL, sowel as ‘n sertifikaat.  Dannhau van der Berg is ook aangewys as die Top Leerder in IGO met ‘n gemiddeld van 98%.  Hy ontvang hiervoor ‘n sertifikaat.  Ligbron ontvang ook ‘n toekenning vir hulle uitstaande akademiese prestasies oor die afgelope drie jaar.

Hierdie is beslis prestasies waarop Ligbron baie trots is.  Ligbron bedank ook elke onderwyser wat daartoe bygedra het om hierdie prestasies moontlik te maak.

Op die foto bo:

Me. Elsa van Zyl en me. Lenie van Zyl wat die toekenning ontvang het vir die beste onderwysers in Wiskunde, tydens die onlangse Gert Sibande Streek Prysuitdeling.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal