Die seuns Eerste hokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Vrydag, 13 April 2018, in hulle eerste liga-wedstryd teen Morgenzon Landbou Akademie uitgedraf. Die wedstryd het op die Liggies se Astro hokkiebaan plaasgevind. Na afloop van die eerste helfte het beide spanne steeds geen punte aangeteken nie, en het die Liggies seker gemaak dat hulle die tweede helfte van die wedstryd oorheers deur ‘n totaal van 6 doele aan te teken. Die Liggies se doele is aangeteken deur die volgende spelers: Jonathan du Toit (1), Marius Ferreira (2), Charl du Toit (2) en Edward Jacobs (1). Hulle speel eerskomende Donderdag, 19 April 2018, tuis teen Highveld Park.