Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se Junior Redenaars het die gehoor beindruk met hul redeneringsvermoë tydens die jaarlikse Junior Redenaars kompetisie wat op Donderdag, 12 April 2018, plaasgevind het. Dit was ‘n strawwe kompetisie en die beoordelaars moes fyn luister om die volgende drie Liggies as wenners te kroon.
Michelle Potgieter het die eerste plek ingeneem met haar toespraak oor die onderwerp: Moenie die mylpale van die lewe as vanselfsprekend aanvaar nie. Lelani Davel neem die tweede plek in nadat sy die gehoor oortuig het dat die moderne vrou besig is om die man se rol in die samelewing oor te neem. Zack Bosman is derde met sy toespraak oor die onderwerp: Almal hou van ‘n tiener met die hoed in die hand. Baie geluk aan hierdie drie leerders wat as die Junior Redenaar wenners gekroon is.
Die wenners staan (v.l.n.r.): lelani Davel (2de), Michelle Potgieter (1ste) en Zack Bosman (3de).