Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se atlete het op Vrydag, 26 Januarie 2018, tydens ‘n vriendskaplike Atletiekbyeenkoms te HTS Middelburg, ook die uitdunne vir vanjaar se atletiekspan gehou, aangesien die Interhuis wat vir Dinsdag, 23 Januarie 2018 geskeduleer was, uitgereën het.
Die volgende atlete het trofeë ontvang vir hulle prestasies tydens die Interhuis-uitdunne by HTS Middelburg.
Hulle staan op die foto bo: (v.l.n.r): Munashe Dukuswa (beste spronge-atleet), Siyabonga Ngomezulu (beste langafstand-atleet), Carla Niebuhr (junior Victrix Ludorum), Sias Jacobs (junior Victor Ludorum en beste worp-atleet), Megan Herbst (senior Victrix Ludorum), Alec Duncan (senior Victor Ludorum, beste naellope-atleet en beste middelafstand atleet) en Martin Meyer (beste hekkies-atleet).