Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se atlete het op Vrydag, 25 Januarie, op HTS Middelburg se velde meegeding tydens ‘n vriendskaplike Middag/Aand Atletiekbyeenkoms. Die byeenkoms het in goeie gees plaasgevind maar was later weens swaar weer en reën afgestel.
Die volgende skole het aan die byeenkoms deelgeneem: Ligbron Akademie vir Tegnologie, HTS Middelburg, Hoërskool Rob Ferreira, Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Centurion.
Alhoewel die dag afgestel is het die Liggie-atlete wat wel aan die onderskeie items kon deelneem baie goeie prestasies behaal. Ligbron se atlete sal eerskomende Vrydag, 1 Februarie, aan die LJ Prokureurs Atletiekbyeenkoms deelneem wat by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier sal plaasvind.
Foto bo:Â Dylan Roodt (o/15)