)

Ligbron Akademie hokkiespanne behaal goeie uitslae by poel-uitspele

Die hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het die afgelope naweek op verskeie plekke aan die eerste rondte poel-uitspeel deelgeneem en pragtige prestasies opgelewer. Die seuns hokkiespanne sal eerskomende Saterdag, 16 Junie, aan die tweede rondte poel uitspele deelneem, terwyl die dogterspanne aan die kwartifinale en semifinale van Mpumalanga sal deelneem. Die dogters se uitslae was soos volg: o/14’s speel gelykop 1 elk teen Ermelo Hoërskool en wen 2-1 teen Hoërskool Oosterland. Hullehet ook in die kwartfinaal teen Hoërskool Middelburg gespeel en o/15’s verloor.Teen Hoërskool Standerton verloor hulle 0-3 en wen 3-0 teen Hoërskool Rob Ferreira. In die kwartfinaal speel hulle teen HTS Witbank. Die o/16’s speel gelykop 1 elk teen Hoërskool Ermelo, wen 13-0 teen Hoërskool Hoogenhout en speel in die kwartfinaal teen Hoërskool Volksrust. Die eerstespan verloor 0-2 teen Curro Bakenveld, wen 3-1 teen Hoërskool Standerton en speel in die in kwartfinaal teen Hoërskool Volksrust. Die seuns se uitslae was soos volg: o/14’s wen 5-0 teen Hoërskool Lydenburg, speel gelykop 0 elk teen Hoërskool Genl. Hertzog en speel Saterdag teen Hoërskool Rob Ferreira en HTS Middelburg. Die o/16’s verloor 0-3 teen Penryn College en 0-8 teen Hoërskool Middelburg en speel Saterdag teen Hoërskool Oosterland en Hoërskool Genl. Hertzog Die eerstespan speel gelykop 1 elk teen Penryn College, verloor 1-3 teen Hoërskool Middelburg en speel Saterdag ook teen Hoërskool Oosterland en Hoërskool Genl. Hertzog. Baie geluk aan die Liggie-hokkiespanne en sterkte met die naweek se wedstryde.

Foto bo: Dirk Koch o/14

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal