)

Drie Ligbron B-rugbyspanne gekroon as Mpumalanga Kampioene

Die Blou Gholf rugbyspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 9 Junie 2018, groot opskudding op Ligbron se pawiljoene veroorsaak toe beide die derde- en tweedespanne as Mpumalanga Kampioene gekroon is. Die derdespan het teen Hoërskool Standerton te staan gekom en hulle opponent met 13-0 geklop, terwyl die tweedespan ook teen Hoërskool Standerton gespeel het en die wedstryd met 29-20 beklink het. Die o/14B’s het Donderdag, 7 Junie, reeds hulle finaal teen HTS Witbank gespeel en het ook as Mpumalanga Kampioene uit die stryd getree toe hulle HTS Witbank met 15-10 geklop het. Dus spog Ligbron vanjaar met drie B-span Mpumalanga wenners. Die o/14A, Computer Connection, o/15A’s en die Ligbron Calstar Group eerstespan het almal hul semifinale wedstryde gespeel. Die o/14A’s het in ‘n spannende naelbyt wedstryd teen Hoërskool Secunda testaan gekom maar het die wedstryd met 7-12 verloor en sal binnekort teen Ermelo Hoërskool se o/14’s uitspeel vir posisie 3 en 4. Die Computer Connection o/15A’s het teen Piet Retief gespeel en met pragtige rugby het hulle die wedstryd met ‘n wen-telling van 41-0 beklink. Hulle speel op Saterdag, 21 Julie teen Hoërskool Rob Ferreira in die finaal. Die Ligbron Calstar Group eerstespan het hulle wedstryd teen Hoërskool Lydenburg oortuigend gewen met ‘n telling van 53-21 en sal op Saterdag, 21 Julie teen Hoërskool Secunda in die finaal testaan kom.

Foto heel bo: o/14B

Voor v.l.n.r: Liam Kitchenmaster, Phumelelo Mabuza en Phillip Jacobs.

Middel v.l.n.r.: Samkelo Shongwe, Nkosinathi Lubisi, Wandile Makhanya, Lwandile Mavundla, Lohan Coetzee, Jacques van Niewenhuizen, Tiaan Vorster, Ryno de Gouvia en Divan van Jaarsveld.

Agter v.l.n.r.: Junior Msibi, Sinethemba Dlamini, Larry Chivhaka, Siyabonga Njathela, Andries Odendaal, mnr. Francios de Klerk (afrigter), Enrico Passano, Tonic Masango, Sinothando Nkambule, mnr. Gert Pretorius (afrigter), Wanda Masilela, Damon Mckenzie en Sanele Msibi.

Foto onder: tweedespan

Voor v.l.n.r: Piet Stapelberg, Zen Nkambule, GJ Pretorius, Lerato Sebusi, Nkosiko Yoyo, Liyema Bbokri en Thando Nkambinde.

Middel: Jan-Harm Schoeman, Luigi Cirigliano, mnr. Dylan Bornmann (afrigter), Hanco Bakker, mnr. Pierre van Wyngaard (afrigter), Njabulo Bota, Franco de Lange en Ruan van Zyl.

Agter: Mfundo Nkosi, Ockert Schoeman, Leon du Preez, Michael van der Linde, Chris Willemse, Francois Greyvenstein, Lian Nagel, Arno de Vries, DJ Byleveld, Bongmusa Banda en Philani Zwane

Tweede span

Foto heel onder: derdespan:

Voor v.l.n.r: Nhlakanipho Nkosi, Mfundo Nkosi, Philani Zwane, mnr. Deon Ngwenya (afrigter),Ockert Schoeman, Thando Nkhabinde en Arno de Vries.

Agter v.l.n.r: Sindiswa Mabuza, Zen Nkambule, Sanele Nkambinde,Phaka Hlatswayo, Charles Giliomee, Daniel van Zyl, Francios Keyser, Roux Muller, DJ Byleveld, Marco Kok, Dennis Bishoff, Reinhard Mostert, Makabongwe Mathebula en Clinton Muller.

Derde span

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal