Lewensredding/Swem. Len-Douglas Mac Kay van Hoëskool Jim Fouché in Bloemfontein het op 18 en 19 Februarie deelgeneem aan die Afrika Lewensreddingkampioenskappe in Alexandria, Egipte. Op 18 Februarie het Len-Douglas ‘n vyfde plek in die 600m opewater swem behaal.
Op 19 Februarie wen Len-Douglas goud in die ‘tube-rescue’-afdeling.
Len-Douglas Mac Kay word ook as die beste swemmer (seuns 17-19) aangewys tydens die Interhoër Gala wat by die Bloemfonteinse Swemstadion plaasgevind het op 23 en 24 Februarie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf