Leupold 3D Invitational – Rouxné Schnettler, van Merensky Landbou Akademie het op 4 en 5 Oktober ‘n skitterende prestasie in Midrand behaal. Sy het deelgeneem aan die Leupold 3D Invitational wat by Riversands Farm Village in Midrand gehou is.
Met haar ongelooflike akkuraatheid en fokus het Rouxné nie net haar merk gemaak nie. Sy het haar teiken getref en ook 1ste plek in haar klas behaal!
Asof dit nie genoeg is nie, het sy ook die eer verwerf om te kwalifiseer vir haar ABO Nasionale Kleure. Dit is ’n prestasie wat harde werk, toewyding en talent weerspieël.
Plasies is ongelooflik trots op Rouxné. Sy is ’n ware ambassadeur van Merensky Landbou Akademie!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor











