)

Lettie Fouché Skool, Bloemfontein, se Arbeidsfase skitter

Schools That Rock berig oor die die Arbeidsfase van Lettie Fouché-skool vir verstandelik-gestremde kinders.

Leerders in die Arbeidsfase van Lettie Fouché Skool in Bloemfontein, word daagliks blootgestel aan verskillende vaardigheidsvakke. Hierdie vakke sluit bv kookkuns, naaldwerk, houtwerk en metaalwerk in.

Inleiding tot basiese handvaardighede:

Tydens hulle onderrig word leerders aangemoedig om as ‘n reël onafhanklik take te voltooi. Hierdie take gaan help wanneer hulle die skool verlaat op die ouderdom van 18 jaar.

Van die leerders ontwikkel ‘n vaardigheid wat hulle kan omskep in werksmoontlikhede, bv. karwas. By die skool leer die leerders van die basiese besigheidsvaardighede wat hulle na skool gaan benodig. Dit sluit aktiwiteite in soos kwitansies uitreik en geld invorder, pryse vasstel en saamwerk in groepe om die produksie te bevorder. Die Arbeidsfase poog daarin om leerders voor te berei vir die wêreld en moontlikhede wat op hulle wag.

Geskiedenis van Lettie Fouché Skool:

Op 20 November 1953 het’n Joodse dame van Bloemfontein ‘n beriggie in ‘n plaaslike koerant gepubliseer: “Enige ouer met ‘n verstandelik gestremde kind, moet in verbinding tree met Mev. Edelstein”.

‘n Paar ouers het op die versoek gereageer en 8 kinders het hulle opwagting gemaak. Oor die jare het Lettie Fouché van krag tot krag gegaan.

Meer oor Lettie Fouché:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

Lettie Fouché Skool: Tuishttps://www.lfskool.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal