Foto: Emile le Roux
Schools That Rock berig oor skitterende skole-skaakspeler in Suid-Afrika
Hoërskool Brandwag in Benoni is baie trots op Emile le Roux. Emile is aangewys as die 6de beste skaakspeler in Suid-Afrika.
“Dit wil gedoen word….ons is regtig BAIE TROTS op jou!” Jy maak vir seker die beste skuif in die beste skool. “Dan wil ons ook die O/18 skaakspelers sterkte toewens vir die naweek. Hulle speel in die distrik finaal aanlyn.
Dink mooi, maak die regte skuiwe en sit hulle in skaakmat.
Meer oor Hoërskool Brandwag:
Skaak by Hoërskool Brandwag word jaarliks groter, beter en sterker. Nie net omdat skaak voordelig is vir verbale, analitiese, numeriese en probleemoplossings-vaardighede nie, maar omdat dit lekker is. By Brandwag het die skaakspanne die afgelope aantal jare groot hoogtepunte bereik.
Vier van Hoërskool Brandwag se skaakspelers is ook genooi om aan die Suid Afrikaanse Junior Geslote Skaakkampioenskappe in Benoni op 10 en 11 Julie deel te neem. Dit is ook ‘n reuse prestasie in sy eie reg.
Net om genooi te word, is alreeds ‘n reuse prestasie in sy eie reg.
Die skool is ook bevoorreg om hul eie skaaklokaal te hê waar daar hard gekonsentreer kan word. Daar word ook professionele afrigting aan die kinders gegee.
https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/east/