)

Lejweleputswa o.19A Krieketliga:⁣ BVHS teen St Dominic’s

Lejweleputswa o.19A Krieketliga. BVHS wen kragmeting teen St Dominic’s in Lejweleputswa o/19A Krieketliga.

Die BVHS o/19A krieketspan het Saterdag ’n belangrike oorwinning behaal teen St Dominic’s in die Lejweleputswa o.19 Krieketliga. Ná ’n moeilike dag met die kolf, het die span se boulers en veldwerkers die wedstryd omgedraai met ’n indrukwekkende vertoning.

BVHS is eerste aan die beurt met die kolf en kon slegs 89 lopies aanteken voordat die laaste paaltjie geval het. Jordan Buitendag het die meeste bygedra met 17 lopies.

St Dominic’s het in hul beurt gesukkel teen ’n gedissiplineerde BVHS-boulaanval en is vir 65 lopies almal uit. BVHS se uitblinkers met die bal was Jordan Buitendag, wat in sy twee boulbeurte drie paaltjies vir slegs drie lopies geneem het. Rodney Turner drie paaltjies vir 19 lopies in agt boulbeurte geneem. Vlag Janse van Rensburg spog met twee paaltjies vir 16 lopies in vier boulbeurte.

Hierdie prestasie het BVHS ’n oorwinning van 24 lopies besorg en die span se karakter en vasberadenheid onderstreep.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.stdominicscollege.com/

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal