Lejweleputswa Krieket. Hoëskool Goudveld leerder, Ruben Crous, het Saterdag, 23 September, vir die o.18 Lejweleputswa Krieket span in ‘n wedstryd teen Fezile Dabi gespeel. Hy was ook kaptein van sy span.
Ruben het ‘n puik wedstryd gespeel en het die voorbeeld as kaptein gestel deur vyf paaltjies in slegs drie beurte te neem en staan slegs 24 lopies af. Ruben het ook 105 lopies van 102 balle behaal. Dit het 15 viere en 3 sesse ingesluit – ‘n ware kapteinsbeurt.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf