Schools That Rock berig oor Leeuwenhof Akademie se Voorskoolse kleuters
By Leeuenhof Akademie Christelike Afrikaanse Privaatskool Voorskool beleef leerders elke dag as ‘n wonder van leer deur te speel. Die voertaal is Afrikaans, maar die skool aanvaar Engelse kindertjies met ope arms. Hulle leer sommer gou ook Afrikaans aan en die Afrikaanse kinders word tot tweetaligheid aangemoedig. Die skool hanteer kinders van drie jaar oud tot ses jaar oud.
Ons kinders is tweetalig – hul praat vlot Afrikaans sowel as Engels. Ons help ook Engelse maatjies om Afrikaans aan te leer.
Onderwysers: Ons onderwyspersoneel is ook ten volle gekwalifiseerd. Hulle bied weekliks temas aan, waarvoor hulle deeglik voorberei.
Aspekte waarop gefokus word: Die emosionele-, sosiale-, perseptuele-, motoriese-, kognitiewe-, taal- en geestelike ontwikkeling van elke kindjie.
Ons fokus dus op die holistiese ontwikkeling van elke individuele kleuter.
Daar word in die voorvaardighede vir lees, skryf en wiskunde gespesialiseer.
Die kurrikulum vir Gr. R is op die Kurrikulum en Assesseringsverklarings van Suid-Afrika gebaseer. Dit word egter voortdurend verryk en aangepas. Vir elke ouderdomsgroep is daar ‘n ouderdomstoepaslike kurrikulum. Dit word ook deur die lesbeplanning van onderwysers uitgebrei en aangevul.
Deurlopende assessering vind plaas sodat leerinhoude aangepas kan word om elke kleuter in te sluit en te ondersteun.
Buitemuurse aktiwiteite: word in die middae aangebied. Die aktiwiteite is opsioneel, aangesien alle vaardighede gedurende die dagprogram aangespreek word.
Interessante uitstappies word onderneem en heelwat besoekers kom vermaak die kleuters met hul kennis.
Meer oor Leeuwenhof Akademie:
https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/east/