Schools That Rock berig oor Grey Kollege Atletiek
Veels geluk aan Grey Kollege atlete, DJ Liebenberg en Lucky Moleyane, wat amptelik ingesluit is in die ASA Atletiekspan wat vanaf 17 tot 22 Augustus aan die O.20 Wêreld Atletiekkampioenskappe in Nairobi, Kenia gaan deelneem!
DJ sal aan die O.20 gewigstoot deelneem en Lucky aan die 4×100 aflos.
Skitterend en sterkte, manne met hierdie uitmuntende prestasie! Grey is trots op julle!
#ViveLaGrey#Grey2Gold#GreyAtletiek#atletiek
@asa_athletics_south_africa
Meer oor Grey Kollege Atletiek:
Grey Kollege se atletiek lewer uitmuntende uitslae. Die atlete oefen hard gedurende die afseisoen en pluk vir seker die vrugte daarvan.
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-sports/
https://greycollegesecondary.com/athletics/
Die algemene waardes wat Grey Kollege se seuns uitleef:
Respek (leef en laat leef); span (Grey in eenheid); maniere (‘n tikkie ‘klas’); moed (Grey “guts”); Integriteit; die waarheid maak jou vry; verdraagsaamheid; self-dissipline; Grey-gees.