Kuikens wat kiep en kleuters vol vere, vlerke van alle kleure en geure! Fantasie Vrydag was ‘n vlug vol pret, hulle het selfs geloer watter tande kuikens het!
Die broeikaste het weer kom kuier en die kleuters kon nie wag om te sien watter eiertjie eerste uitbroei nie! Die kersie op die koek was dat elkeen ‘n beurt gekry het om die kleine, sagte kuikens vas te hou en hulle aan die slaap te probeer sing!