Die Hoër Meisieskool Oranje het twee nasionale redenaarskampioene opgelewer. Dit nadat Rehanjo Swanepoel en Kamryn Lowe koning gekraai het in die ATKV Oppie Tong Af-redenaarskompetisie wat die afgelope week aanlyn aangebied is.
Rehanjo se “Milleniërs is die murg van die samelewing” in die afdeling Afrikaans: oorredingstoespraak individueel voorbereid het aan haar die titel vir gr. 12’s besorg.
Kamryn se toespraak “Lees is die sleutel tot kinders grootmaak” in die dieselfde afdeling is as die beste onder gr. 8’s in Suid-Afrika aangewys.
Rehanjo het ook ’n tweede plek in die Engelse addisionele taal-afdeling vir gr. 12’s behaal. Sy het haar redenaarshoofstuk op skool met ’n derde agtereenvolgende nasionale kroon afgesluit.
Hulle was twee van vier redenaars van Oranje wat na die nasionale rondte deurgedring het. Die ander was Vianke Herbst (gr. 11) en Marita Oosthuizen (gr. 10).