Op 16 Januarie 1996 open Leeuwenhof Akademie, destyds as Helpmekaar Akademie, die eerste Afrikaanse privaat laerskool aan die Oos-rand, sy deure in Bedfordview. Besorgde ouers van Alberton, stigterslede: Franchette Strüwig, eienaar van die perseel, Corlia Booysen, Linda van Straten, Leola Meyer en Elna Ungerer het hierdie visie en drome ‘n werklikheid gemaak.
‘n Skool se geskiedenis word onthou aan groot gebeure, veranderinge, uitdagings, deursettingsvermoë, verskeidenheid van persoonlikhede van Direksies, invloedryke onderwysers en ‘n strewe na uitnemendheid.
Die geskiedkundige skets fokus op INVLOEDRYKE rolspelers en LEWENSVERANDERLIKE oomblikke.














