Op Donderdag 10 Mei 2018 het Leeuwenhof Akademie van Bedfordview in Gauteng ‘n Wetenskap- en Wiskunde Ekspo in samewerking met Noordwes Universiteit aangebied wat almal aan die gons het. Kinders op eie bodem, sowel as verskeie buite-skole het hierdie dag bygewoon. Hierdie was beslis n ROOILETTERDAG vir 2018, ‘n dag wat nie misgeloop moes word nie. Prof. Cloete van Stellenbosch het die gehoor gefassineer met twee eksperimente, asook brokkies inligting van wat in die toekoms op studente wag wat in die Wetenskapveld verder wil gaan studeer. ‘n Sonkrag motor, sowel as verskeie sweeftuie was ten toon gestel. ‘n Mobiele planetarium het ook die kinders kom verryk. Studente van heinde en verre het hulle wetenskapprojekte kom uitstal. Skole wat hierdie geleentheid misgeloop het, is beslis vandag armer vir Wetenskap en Wiskunde!
Dit was voorwaar ‘n leersame ervaring, wat sal uitstaan in ons jaarprogram, asook ons loopbaan. Dit was ‘n ongelooflike voorreg om blootgestel te word aan kwaliteitmense, soos Prof. Eugene Cloete van Stellenbosch, dosente van NWU, wêreldgehalte uitstallings en nog meer. Dit was ‘n dag wat ‘n besonderse plek in ons herinneringe sal inneem. Ons is trots daarop dat ons deel kan wees van ‘n skool soos Leeuwenhof Akademie, waar uitnemendheid uitgeleef word, deur onder andere uitsonderlike dae soos die Wetenskapdag aan te bied.