)

Leeuwenhof Akademie hou Wetenskap- en Wiskunde Ekspo

Op Donderdag 10 Mei 2018 het Leeuwenhof Akademie van Bedfordview in Gauteng ‘n Wetenskap- en Wiskunde Ekspo in samewerking met Noordwes Universiteit aangebied wat almal aan die gons het.  Kinders op eie bodem, sowel as verskeie buite-skole het hierdie dag bygewoon.  Hierdie was beslis n ROOILETTERDAG vir 2018, ‘n dag wat nie misgeloop moes word nie.  Prof. Cloete van Stellenbosch het die gehoor gefassineer met twee eksperimente, asook brokkies inligting van wat in die toekoms op studente wag wat in die Wetenskapveld verder wil gaan studeer.  ‘n Sonkrag motor, sowel as verskeie sweeftuie was ten toon gestel.  ‘n Mobiele planetarium het ook die kinders kom verryk.  Studente van heinde en verre het hulle wetenskapprojekte kom uitstal.  Skole wat hierdie geleentheid misgeloop het, is beslis vandag armer vir Wetenskap en Wiskunde!

Dit was voorwaar ‘n leersame ervaring, wat sal uitstaan in ons jaarprogram, asook ons loopbaan.  Dit was ‘n ongelooflike voorreg om blootgestel te word aan kwaliteitmense, soos Prof. Eugene Cloete van Stellenbosch, dosente van NWU, wêreldgehalte uitstallings en nog meer.  Dit was ‘n dag wat ‘n besonderse plek in ons herinneringe sal inneem.  Ons is trots daarop dat ons deel kan wees van ‘n skool soos Leeuwenhof Akademie, waar uitnemendheid uitgeleef word, deur onder andere uitsonderlike dae soos die Wetenskapdag aan te bied.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal