Zoƫ van der Plank en Raquele Pretorius van Hoƫrskool Bastion, Witpoortjie Gauteng, skitter in hokkie.
ZoĆ« van der Plank en Raquele Pretorius (Graad 11), Ā van HoĆ«rskool Bastion, Witpoortjie Gauteng, het tydens die Junie/Julie 2017 vakansie aan die Noordelike Hokkietoernooi deelgeneem. Hierdie toernooi het van 30 Junie to 05 Julie 2017 in Pietermaritzburg plaasgevind.
Beide hierdie dogters is opgeneem in die 0/18D Suid-Gauteng span en het ‘n baie suksesvolle toernooi gehad. Die span het eerste in hulle kategorie geĆ«indig en is met die goud huistoe.
“Ons is baie trots op hierdie twee dogters. Hulle is beslis ‘n aanwins vir Bastion hokkie,” het Me Annie de Wit, hokkie organiseerder by HoĆ«rskool Bastion, gesĆŖ.
Op die foto heel bo: van links: Zoƫ van der Plank en Raquele Pretorius (Graad 11)
Verskaf deur: Ā Monique NaudĆ©