Stefan Zybrands (graad 6) van Hugenote Laerskool in Wellington, het die afgelope naweek deelgeneem aan die tweede rondte van die Wes-Kaapse veld-motorfietswedren. Hy het in die 85cc Junior klas deelgeneem op ‘n plaas net buite Wellington.
Stefan het fantasties gery en die wedren ver gewen. Hy het 5 minute voor die tweede deelnemer geëindig.