Laser Run Wêreldkampioenskap. Vyf leerders van Sekondêre Meisieskool Oranje van Bloemfontein, die meeste in baie jare, is vir die SA-span na die Laser Run Wêreldkampioenskap in Junie in China gekies. Die kampioenskap vind op 7 Junie plaas.
Die vyf is Danny Pienaar, Ellé Cloete, Ezeth Esterhuizen, Lané van Rooyen en Rouvé Janse van Rensburg.
Dit is Lané en Ezeth se derde keer op hoërskool wat hul gekies word. Ezeth was in 2022 by die wêreldkampioenskap 1ste in die gemengde aflos (o.17). Sy het ook op die Nasionale kampioenskap in Somerset-Wes vroeër die maand 1ste in die o.19-afdeling geëindig. Danny (o.17) was derde, Lané (o.19) vierde, Rouvé (o.15) sesde en Ellé (o.15) tiende.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf