Lane Swart (Graad 4) van Laerskool Nelspruit, het die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskappe in Pretoria deelgeneem. Sy het ? algehele eerste plek vir dogters Vlak 4, 9 jaar behaal. (Sy was eerste in die land in haar ouderdomsgroep.)
Lane het ook twee goue medaljes (eerste plek) en een silwer medalje (tweede plek) op drie van die apparate ontvang.
Dit is voorwaar ? puik prestasie waarop die skool baie trots is!