Landsdiens Kampleier. Hoërskool Jim Fouche leerder, Liné Fourie, het saam met die Vrystaat se landsdiensgroep vertrek na Nkambeni Safari Lodge in Mpumalanga. Liné is ook aangewys as die Landsdiens kampleier van Nasionaal se Graad 8 en 9 groep.
Die Landsdiens is ‘n omgewingsgerigte jeugbeweging wat vir almal toeganklik is. Hulle streef daarna om die liefde vir, sowel as die beskerming van die omgewing en die natuurlike hulpbronne te verbeter. ‘n Doelwit vir ywer vorm deel van die Landdienslid se gewoontes. Om hierdie rede kan die slagspreuk van die Landdiens: Facta Non Verba (dade en nie woorde nie) prakties uitgevoer word.
Die Landsdiens dra ook beduidend by tot die lewering van verskilmakende en verantwoordelike landsburgers met lojaliteit vir die eie, wat lewensvaardig en ook vol inisiatief en selfvertroue is. Die Landsdiens lei ons jongmense tot gebalanseerde volwassenheid.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za https://jf.co.za
Foto verskaf