Landloop Ligabyeenkoms. Hoërskool Aliwal-Noord het hul eerste Landloop Ligabyeenkoms vir 2022 bygewoon. By Hoërskool Aliwal-Noord is daar altyd plek vir langasems ook!
Ses van die skool se landloop atlete het Vrydag, 6 Mei, in Bloemfontein aan die eerste ligabyeenkoms deelgeneem.
Die uitslae was as volg:
Robert Orrock – 8km (29,47)
Ashleigh Shaw – 4km (15,48)
Gift Manamane – 4km (15,54)
Cwenga Thulelo – 4km (17, 28)
Catherine van Aardt – 4km (17,44)
Angelique Kretsenger – 4km (24,03)
Baie sterkte aan al die atlete met die res van die seisoen. ANHS sien uit na nog puik uitslae.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za