Landloop atlete beïndruk – Foto: Die volledige landloopspan in hul netjiese swart baadjies met geel strepe is as volg:
- 1ste ry: Petri Swart, Janus Odendaal, Ignus Grimbeek, Anro Bekker, Riané Visser. Anja Nel, Anjé Landmann, Kayla van Niekerk, Hané Blignaut, Cecelia Boshoff, Lezani Nezar, Izak van Niekerk.
- 2de ry: JG Blignaut, Cheshlyn Buris, Ebert Wagenaar, Janko Visser, Louis Bekker, Kobus Wessels, Marx Geldenhuys, Johan Kriek, Keeya Zwane, Owethu Salomane, Janru Roux, Christian du Plessis.
- 3de ry: Christopher van der Merwe, Johan Boshoff, Ruben du Plessis, Kuifie van Rooyen, Janus Odendaal, Bester Grimbeek, Liza Odendaal, Lizay Landmann, Rianza Boshoff, Celiáné Boshoff, Ariana Bekker.
- 4de ry: Matt Silcock, Francois du Plessis, Aart Kolfmeyer, Miné Zietsman, Chicta du Plessis, Olivia Watson, Luanru Odendaal, Miyanke Landmann, Ralph Buris, Christian Kriek.
- 5de ry: Johnathan Matthew, Janco Kober, Sunique de Kock, Marco Jv Vuren, Lienke Bartleman, Marinke Claasen, Emme Wessels, Kaylee Silcock, Martinette Ras Afwesig: John Boshoff
Landloop atlete beïndruk op provinsiale vlak. Truida Kestell is ongelooflik trots op hulle landloop atlete wat op 25 Julie 2025 aan die Oos-Vrystaat Landloopkampioenskappe deelgeneem het. Hierdie landloop atlete weerspieël ‘n simbool van trots en toewyding. Ten spyte van die koue weer het die Truidjies die baan behoorlik aan die brand gehardloop.
Die span, bestaande uit ‘n indrukwekkende groep landloop atlete van verskillende grade, het hul uithouvermoë en sportmanskap ten toon gestel. Die kompetisie was intens, maar die atlete het hul beste gegee en ‘n sterk indruk gemaak op provinsiale vlak.
Truida Kestell sien uit na die Vrystaat Kampioenskappe in Bloemfontein, en hou duimvas vir kwalifikasies! Baie geluk aan elke deelnemer, julle is ware ambassadeurs van Truida Kestell se waardes van deursettingsvermoë, trots en prestasie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://truidakestell.co.za/home
Foto voorsien
Become a Sponsor








