Landbouleerders Kursus. Waarmee het die Trio Lanties hulle tydens hierdie kursus besig gehou? Natuurlik met SAFEX, Graanverskansing, Spekulasie en die Kort en Lank van Termynmarkte – vreemde beginsels wat vir hulle betekenis gekry het.
Agt-en-twintig graad 12 Landbouleerders in bestuurspraktyk, het die kursus bygewoon. Hulle het gou besef dat SAFEX bemarking nie ‘n maklike taak is nie. Die kursus is vanjaar deur Dr. J.M Geyser van die NWU aangebied. Die teoretiese deel van die kursus het gehandel oor Afgeleide markte, Prysbepalings en Pryssienings, Landbourisiko en die invloed van prysrisiko’s. Termynkontrakte, Opsiekontrakte, Opsiestrategieë en Verhandeling op die kommoditeitsmark is ook deur dr Geyser behandel.
Trio bedank dr Mariëtte Geyser wat vir elke leerder ‘n gratis eksemplaar van haar doktorale proefskrif (Kort en Lank van Termynmarkte) gegee het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf