Landboubestuurspraktyk. Hoër Landbouskool Marlow van Cracock het ‘n Dormerbeoordelings-kursus vir graad 10 Landboubestuurspraktyk-leerders aangebied. Die kursus is moontlik gemaak deur die telersgenootskap van die Dormers.
Die kursus is met baie professionaliteit aangebied deur mnre. Erich Cloete, Cor Uys, Jonker Venter en Charles Jordaan. Marlow wil ook baie dankie sê vir Erich Cloete wat sy diere vir hulle gebring het om op te werk. Die seuns kon weereens vaardighede aanleer wat geen ander skoolbied nie. Die kursus is vir die eerste keer op Marlow aangebied. Marlow en die leerders bedank die Dormer genootskap en mnre. Erich Cloete, Cor Uys, Jonker Venter en Charles Jordaan wat die kursus op Marlow aangebied het.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Marlow: