Landbou – Hoërskool Ermelo het ‘n baie suksesvolle eerste Landboudag in Mei 2022 in samewerking met die MPU-Jeugskou aangebied.
Eerste Landboudag
Lion du Plessis, Mpumalanga se Jongboer van die Jaar vir 2018, het as gasspreker die dag opgetree. Die dag was vol landbou-aktiwiteite, -produkte en -implimente. ‘n Hele aantal uitstallers het kleur aan die dag gegee.
EHS het die dag aangebied om weer terug te gee aan die omgewing se boere en die gemeenskap wat Hoërskool Ermelo heelhartig en voortdurend ondersteun. Die leerders het blootstelling gekry aan verskeie landbou-geleenthede, asook om te beleef wat die Jeugskou behels.
Mpumalanga–Jeugskou
Mpumalanga-Jeugskou se derde skou van die jaar het ook op dié dag plaasgevind, waaraan die volgende skole deelgeneem het: Höerskool Middelburg, Morgenzon Landbou Akademie, OppiePlaas, Hoërskool Balfour en Hoërskool Ermelo. Die Erries het hulle goed van hulle taak gekwyt en behaal plekke in verskeie afdelings.
EHS het groot waardering vir elke uitstaller vir die betrokkenheid by die Erries. Die ondersteuning is merkwaardig en EHS sien uit na nóg ‘n suksesvolle landboudag in 2023.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf