)

Landbou – Erries bied suksesvolle dag aan met MPU Jeugskou

Landbou – Hoërskool Ermelo het ‘n baie suksesvolle eerste Landboudag in Mei 2022 in samewerking met die MPU-Jeugskou aangebied.

Eerste Landboudag

Lion du Plessis, Mpumalanga se Jongboer van die Jaar vir 2018, het as gasspreker die dag opgetree. Die dag was vol landbou-aktiwiteite, -produkte en -implimente. ‘n Hele aantal uitstallers het kleur aan die dag gegee.

EHS het die dag aangebied om weer terug te gee aan die omgewing se boere en die gemeenskap wat Hoërskool Ermelo heelhartig en voortdurend ondersteun. Die leerders het blootstelling gekry aan verskeie landbou-geleenthede, asook om te beleef wat die Jeugskou behels.

MpumalangaJeugskou

Mpumalanga-Jeugskou se derde skou van die jaar het ook op dié dag plaasgevind, waaraan die volgende skole deelgeneem het: Höerskool Middelburg, Morgenzon Landbou Akademie, OppiePlaas, Hoërskool Balfour en Hoërskool Ermelo. Die Erries het hulle goed van hulle taak gekwyt en behaal plekke in verskeie afdelings.

EHS het groot waardering vir elke uitstaller vir die betrokkenheid by die Erries. Die ondersteuning is merkwaardig en EHS sien uit na nóg ‘n suksesvolle landboudag in 2023.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal