Laerskool Westwood in Boksburg het hul Taaldag op 14 Augustus gevier. Wessies is trots Afrikaans!
Foto’s verskaf
Laerskool Westwood kweek superhelde met waardes! Elke leerling is vir ons spesiaal en dit is ons visie om die beste en gelukkigste weergawe van elke leerling te ontwikkel.
Die skool vir gelukkige kinders!
Laerskool Westwood is geleë in Boksburg, in die Oos-Rand area van Gauteng.
Ons spog met die bes versorgde geboue en terrein in Boksburg, sowel as puik fisiese geriewe. Ons skool verseker u kind/ers `n veilige leeromgewing waarin hul onderrig word en hul talente en gawes ten volle kan ontwikkel. Laerskool Westwood bied elke kind genoeg geleenthede om in een of meer van 7 sportsoorte sportafrigting te kan ontvang en dan so ook kompeterend deel te neem in ligas en toernooie.
Klasgroottes van tussen 20 – 28 leerders verseker `n hoë standaard akademie en individuele hulp waar moontlik. Ons het `n volledig toegeruste kleuterskool op ons terrein, vir kleuters tussen 3 en 6 jaar van ouderdom.
Laerskool Westwood beskik oor twee veilige naskoolsentrums met puik geriewe en diens.