Pieter Marais en Emilio Silva het die afgelope vakansie SWD verteenwoordig by die suidkusstreek toernooi en hul spanne het soos volg gevaar: Pieter het in die A-span vir die SWD uitgerdraf in vier wedstryde. Hulle het teen WP, OP, Border en Boland gespeel en hulle wedstryd teen Boland gewen. Emilio Silva het ook in vier wedstryde vir die SWD se B-span gespeel en teen die HUB-span, OP, WP en Boland te staan gekom, hulle wen twee van hulle wedstryde teen die HUB-span en die OP. Pieter word ook gekies as die beste agterspeler vir die SWD-A-span deur die SWD-Unie.

Become a Sponsor