
Laerskool Trompsburg Gala. Primêre Skool Fichardtpark se swemmers het 7 Maart aan die Laerskool Trompsburg gala deelgeneem. Hulle het behoorlik die swembad aan die brand geswem met 7 rekords en talle podiumplekke.
Uitslae behaal:
- Mari Wessels het die Junior Victrix Ludorum trofee ontvang
- Mari Wessels, D o.8 – 4 x 1ste plekke, 2 rekords en 2de in 100 m individuele wisselslag
- Muller Deacon, S o.7 – 3de plek vryslag, borsslag en rugslag
- Dehan Pretorius, S o.7 – 2de plek vryslag
- Clara Deacon, D o9 – 1ste plek rugslag, 2de plek vryslag, borsslag (rekord) en vlinderslag, 3de in 100 m inidviduele wisselslag
- Jani Pretorius, D o.10 – top 10 in alle items
- Lené Wessels, D o.10 – 3x 1ste plekke, 2de in borsslag en 3de in rugslag
- Tommie Wessels, S o.12 – 5x 1ste plekke en 3 rekords

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf